Who's onlineThere are currently 0 users and 0 guests online.
NavigationUser login |
Die Brixton Moord & Roof OrkesDie Brixton Moord & Roof Orkes was 'n Afrikaanse rock band wat van 1999 tot aan die begin van 2008 bestaan het. Hul musiek is al beskryf as "tragiesmooi", "true school", "hardekoejawel-rock" en "kind of like Koos du Plessis had he ever heard Nirvana". Die band se songs word gekenmerk deur skerp lirieke en musiek wat wissel van harde rock tot melancholiese folk. Hul lirieke handel oor alledaagse onderwerpe soos drank, dwelms, misdaad, road rage, oorlog, en hulle het selfs 'n love song. Tydens hul bestaan het die band twee CD's vrygestel. Spergebied, die band se eerste CD, is in 2002 vrygestel. Hul tweede CD, Terug in skubbe, is in 2004 deur Rhythm Records vrygestel. Beide CD's is deur Paul Riekert opgeneem en het rave reviews in die media gekry. By admin at 2006-06-07 06:38 | read more
Moord en sy bruid in MontrealMoord Greeff, ook bekend as Ockert Greeff en voormalige drummer van die Brixton Moord en Roof Orkes, saam met sy bruid Elizabeth Araujo in die strate van Montreal. By admin at 2008-06-26 09:13
Resensies van Roof se bundelResensies van Roof se digbundel Retoer begin verskyn. Lees 'n resensie deur Louise Viljoen op LitNet, Mariana Malan s'n in Die Burger, Jo Prins s'n in Beeld, Melt Myburgh in Rapport en Loftus Marais in Boeke-Insig. By admin at 2008-03-11 09:32 | read more
Metropolisie slaan toeDie Metropolisie het voormalige lede van die Brixton Moord en Roof Orkes, wat nou gereeld saam met Bacchus Nel optree, se toerusting gekonfiskeer by die Bohemian in Richmond, Johannesburg. Hulle het die toerusting weer teruggekry, maar nie in die toestand wat dit was voor die konfiskasie nie. Lees die storie in Beeld. By admin at 2008-03-11 09:27
Retoer launchHierdie digter/sanger en dosent in Sosiologie het veral bekendheid verwerf as lid van die rockgroep Brixton Moord en Roof Orkes en vir sy rubrieke op LitNet en in Rapport. Sy debuutbundel sal beslis aanklank vind by die geslag Afrikaanssprekende mans wat diensplig moes doen en worstel met hulle hierwees in Afrika. Die verse is uiters toeganklik en spreek vele sosiale kwessies aan. By admin at 2008-02-04 10:28 | read more
Die Brixton Moord & Roof Orkes groetDie Brixton Moord & Roof Orkes by die opname van 'n video vir "Vis", die title track op Terug in skubbe. Foto: Mariska Ison. By admin at 2008-01-21 14:00 | Band Foto's
Die drama van die musiekvideoDie band bedank almal hartlik wat Sondag 14 Oktober in die Bohemian was vir die opname van 'n video vir "Vis" van die album Terug in skubbe. Hulle betuig ook hul meegevoel met Bacchus Nel en Frits Blitz weens die verlies van hul kitare en klanktoerusting, wat voor die venue gesteel is. Lees meer oor die tragedie in Beeld. By admin at 2007-10-10 10:17
Roof in Die Burger“Hoekom is wiegeliedjies altyd so grafies? Dalk is dit omdat die babas nie kan verstaan wat vir hulle gesing word nie.” Mariana Malan van Die Burger het 'n onderhoud met Roof gedoen toe hy die Kaap tydens die Versindaba besoek het. Lees die artikel hier. By admin at 2007-10-03 07:11
Koebaai Moord, koebaaiDie Brixton Moord & Roof Orkes kondig met leedwese aan dat hulle afskeid neem van hulle tromspeler en stigterslid Moord Greeff. Moord het aangekondig dat hy aan die begin van Augustus vir 'n "onbepaalde tyd" na Montreal in Kanada verhuis. Sy plek sal voortaan gevul word deur Andrew Evans, wat al as tromspeler vir Plank, Miss September en Bacchus Nel opgetree het. Hy was ook onlangs in aksie saam met Paul Riekert, Piet Botha, Marcel van Heerden, Brixton Barnard, Esmé Evakwaad en 'n aantal ander kunstenaars in 'n huldeblyk aan wyle Johnny Cash. Andrew sal in die orkes se tradisie voortaan as Moord Evans bekendstaan. By admin at 2007-10-03 06:59 | read more
STRAB 2007Dankie vir die organiseerders van die STRAB festival by Ponta Malongane in die Suide van Mosambiek! Dit was die naweek van 24 tot 27 Mei. Dis die eerste keer wat die Brixton Moord & Roof Orkes daar op die verhoog geklim het. Gaan kyk by www.strab.co.za vir foto's en 'n link na Roof se rubriek in Rapport oor die festival. Beplan solank vir volgende jaar! By admin at 2007-06-01 10:05
|
Search |